Akademie

Grondslagfase

Die Grondslagfase is uit die aard van die saak ‘n baie belangrike bousteen in die kind se skoolloopbaan en ons toegewyde personeel is verbind daartoe om ‘n veilige en positiewe omgewing te skep waar ons leerders die nodige vaardighede kan aanleer.

Ons onderwysers bied hulpverlening aan leerders deur middel van ekstra skryf-of leesoefeninge en met ‘n spelterapeut, arbeidsterapeut en maatskaplike werker, wat beskikbaar is by ons skool, word daar verseker dat al ons leerders puik ondersteuning het.

Leerders word aan ‘n verskeidenheid van aktiwiteite blootgestel, o.a. welpie-rugby asook mini-hokkie, mini-netbal en mini-krieket. Leerders kry ook die geleentheid om jaarliks deel te neem aan die Challenga- Olimpiade en kultuurbedrywighede.

Die Graad R-klas is in Januarie 2023 geopen en gaan van krag tot krag. Die Elandjie-klas is volledig deel van Laerskool Elandskraal se bedrywighede met hul eie konsert, sport en gradeplegtigheid.

 

Vakke (volgens die KABV-kurrikulum):

Afrikaans Eerste Taal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Lewensvaardigheid

Setswana Tweede Addisionele Taal

 

Grondslagfase personeel vir 2024:

Gr. R: Me. Edna Swart en Me. Lerato Sesang

Gr. 1:  Me. Mariska Willemse

Gr. 2:  Me. Engela Tenner (Graadhoof) en Me. S. Bouwer

Gr. 3:  Me. Tessa Thomas (Graadhoof) en Me. Nicole Nel.

Setswana:  Me. B. Moolman

 

Intersenfase

Die Intersenfase bestaan uit die Intermediêrefase (gr.4-6) en die Seniorfase (gr.7).

By Laerskool Elandskraal probeer ons die oorskakeling van gr.3 na gr.4 so maklik as moontlik maak vir die leerders deur middel van deernisvolle klasonderwysers en inligtingsessies vir ouers. Die doel is om die graad viers selfstandigheid te leer.

Ons WhatsApp-groepe in klasverband vergemaklik kommunikasie, maar dit vervang nie die verantwoordelikheid en ander belangrike vaardighede wat die leerder moet aanleer, soos om self hul huiswerk neer te skryf nie.

Ons Intersenfase personeel is altyd bereidwillig om te help met enige probleme en daar word weekliks remediërende klasse in Afrikaans, Engels en Wiskunde na skool aangebied . Ekstra dienste word aangebied in die vorm van ons spelterapeut en ‘n maatskaplike werker.

Ons graad 7 groepe is baie dinamies. Die gr. 7’s gaan gewoonlik aan die einde van die jaar op ‘n uitstappie en daar is ook ‘n spesiale afskeidskerkdiens vir die gr. 7’s en hul ouers. Ons besoek ook gewoonlik die Ope Dae van sommige van die hoërskole. Laerskool Elandskraal se unieke leierskapstelsel poog om gr.7’s voor te berei vir nie slegs hul hoërskoolloopbaan nie, maar om leerders toe te rus met vaardighede soos verantwoordelikheid, toewyding en empatie.

 

Gr. 4-6 Vakke (volgens die KABV-kurrikulum):

Afrikaans Eerste Taal

Engels Eerste Addisionele Taal

Setswana Tweede Addsionele Taal (slegs graad 4)

Wiskunde

Natuurwetenskap

Sosiale Wetenskap

Lewensoriëntering: Persoonlike Welsyn, Skeppende Kuns en Liggaamlike Opvoeding

 

Gr. 7 Vakke (volgens die KABV-kurrikulum):

Afrikaans Eerste Taal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskap

Sosiale Wetenskap

Tegnologie

Kreatiewe Kuns

Ekonomiese -en bestuurswetenskap

 

Intersenfase Personeel vir 2022:

Gr. 4:  Me. C. Steenkamp, Me. Z. Swart en Me. K. Saaiman

Gr. 5:  Me. Bianca Moolman (Graadhoof).

Gr. 6:  Me. Marleen Niemandt (Graadhoof)  en Me. Gerda Moolman.

Gr. 7:  Me. Joan Liebenberg (Graadhoof), Me. Janine van Wyk en Mnr. Armando Moolman

Mediasentrum

Die mediasentrum word slegs deur onderwysers en gr. 4 tot gr. 7-leerders gebruik, aangesien die GSF-juffrou self vir haar klas boeke uitneem. gr. 4-leerders betaal vir ‘n media-uitneemkaart wat hul vir 4 jaar kan gebruik. Indien die kaart verlore raak, betaal hul maar net weer. Elke jaar word die leerder se graad en klas net op die kaart verander en die leerder gebruik dit sonder om weer te betaal.

Leerders mag van die senior verhale en senior vakliteratuur uitneem, maar nie van die Onderwysersnaslaan nie. Parate naslaan mag slegs pouse deur leerders in die Mediasentrum gebruik word om inligting na te slaan.

Leerders mag maksimum 2 boeke vir 2 weke uitneem. Daar is Afrikaans sowel as Engelse verhale en vakliteratuur. Die Media kan besoek word op :

Maandae:  albei pouses slegs gr. 4-leerders
Dinsdae:  albei pouses slegs gr. 5-leerders
Woensdae:  albei pouses slegs gr. 6-leerders
Donderdae:  albei pouses slegs gr. 7-leerders

Die Mediaraad word opgelei om ons leerders by te staan pouses.

Indien die rooster dit toelaat, het leerders van gr.4-7 ook die vak Mediakunde. Hier leer die gr.4-leerders alles van die Mediasentrum en gr. 5 tot gr. 7-leerders moet die kennis wat hul geleer het in gr. 4, toepas aan die hand van ‘n interessante tema b.v. sport en emosies.

Vir laerskool Elandskraal is dit belangrik dat ons ‘n lees-omgewing vir ons leerders skep. Daarom reël ons ook jaarliks ‘n boekuitstaling deur ‘n bekende boekwinkel waartydens leerders ook hul eie boeke kan aankoop. Die baie bekende skrywer, Jaco Jacobs, het ook al ons skool besoek om sy boek, Suurlemoen, bekend te stel. Die boek, Suurlemoen, is dan ook die gr.6-leerders se Afrikaanse leesboek.

Lees

Laerskool Elandskraal beskou lees as ‘n prioriteit  waaraan daar voortdurend aandag geskenk moet word. Volgens navorsing gedoen tussen 50 lande, is bevind dat Suid-Afrika se lesers die swakste is. Daarom het die skool verskeie strategieë in plek om hierdie uiters belangrike vaardigheid by ons leerders te ontwikkel en te verbeter. 

Die nuwe leessentrum is toegerus om leerders wat uitdagings het te ondersteun en hul lees -en leesbegrip te verbeter. Kontak u kind se registeronderwyser indien u meer te wete wil kom.

Laerskool Elandskraal spog met ‘n pragtige mediasentrum, wat deur die Intersenfase-leerders gebruik mag word. By die Grondslagfase het elke onderwyser ‘n boekrakkie in die klas sodat ons jong leerdertjies ook gereeld kan boeke lees. Ons het ook ‘n Engelse boekklub, wat die liefde vir lees aanwakker. Daar word gereeld boekuitstallings gereël en met ons Boekdae kan leerders byvoorbeeld soos ‘n boekkarakter aantrek skool toe. 

Met ons “Lees-om te Lei”-veldtog, het ons ‘n leesperiode waar die hele skool lees vir die pret. 

 

Elies Explorers Book Club

"Book Club" Uitstalling
  • Die ‘Elie Explorer Book Club’ is ‘n aktiwiteit waar leerders aangemoedig word om Engelse boeke te lees.
  • Daar word gepoog om ‘n liefde vir lees te kweek.
  • Lesers word beloon d.m.v meriete punte vir elke boek wat gelees word.
  • Ons poog om ten minste een keer per kwartaal ‘n boek-of leesaktiwiteit te reël, bv, uitstallings, aantrek volgens ‘n tema of boekbesprekings en partytjies.
  • Leerders van Gr. 4 tot 7 lees in hul eie tyd en vul boekverslae in as bewyse van wat hul gelees het. Die verslae word nagegaan deur die Engelse Vakonderwysers.

 

Personeel betrokke:

Me. Janine van Wyk, Me. Kyla Saaiman en  Me. Bianca Moolman