Redenaars
REDENAARS
- Leerders word jaarliks blootgestel aan die vaardighede van redevoering, redenering en kritiese denke. Hul bou ook selfvertroue op deur aan Redenaars deel te neem.
- Tydens ons Interklaskompetisie kry al die leerders, wat ‘n beredenerende toespraak het, die geleentheid om in graadverband mee te ding.
- Die Artistatue -en Radikale Redenaarskompetisies bied aan alle sprekers die geleentheid vir verdere deelname.
- ‘n Junior -en Senior Redenaar word jaarliks aangewys tydens ons Erkenningsaand. Slegs sprekers wat aan al die kompetisies waarvorr daar geleentheid gegee word om vir die skool deel te neem, sal oorweeg word vir hierdie trofees.
Voorlopige Redenaarsdatums vir 2022:
Werkswinkel | 26 Januarie 2022 |
Interklasredenaars | 22 Februarie 2023 ( Inskrywings sluit 17 Feb) te Laerskool Elandskraal |
ATKV Eerste Uitdunrondte | 24 April 2023 te Hoërskool Rustenburg |
Artistatue Eerste Rondte | 19 April 2023 te Laerskool Elandskraal |
Radikale Redenaar- Inskrywings sluit | Inskrywings sluit 21 Julie 2023. |
Temas vir 2023:
Gr. 1 – 3 | Gr. 4 en 5 | Gr. 6 en 7 | ||
Kleur Speel Klein |
Flits Luister Klank |
|
Tradisie Reëls Wedren |
|
Tweedetaalsprekers word aangemoedig om deel te neem in die Addisionele Taalafdeling. Die temas is dieselfde.
Leerders wat dalk later aan Radikaal en Artistatue in die Engels en/Eksperimentele Afdelings wil deelneem, is nie beperk tot bostaande temas nie.
Personeel betrokke:
Me. Janine van Wyk (Organiseerder) asook alle Kultuurpersoneel
Kunswedstryd
- Elies neem aan die Artistatue Dramafees en ons bied ook die Elie-Kunstefees aan.
- Daar is verskeie items waaraan leerders kan deelneem by die onderskeie kompetisies, o.a. voordrag, monoloog, gedramatiseerde poësie en visuele kuns.
- Deelname word vereer d.m.v. die merietestelsel en uitsonderlike prestasies (A++) word vereer tydens die Erkenningsaand.
Voorlopige datums vir 2024:
Artistatue Eerste Rondte |
17 April 2024. |
Elie-Kunstefees |
Laerskool Elandskraal.
|
Inskrywings vir Visuele Kuns is einde van die eerste kwartaal. |
Personeel betrokke:
Drama: Alle Kultuurpersoneel
Visuele kuns: Me. A. Kruger
Koor
- Die Eliekoor fokus op die genot van samesang.
- Die leerder ontwikkel ‘n gevoel van samehorigheid en ontwikkel vaardighede soos selfdissipline, toewyding en spanwerk.
- Daar word deurentyd gedurende die jaar gesoek vir geleenthede om op te tree.
- Die koor word vereer vir getroue deelname en bywoning van oefeninge d.m.v die Merietestelsel. Prestasies tydens Kunswedstryde word vereer tydens die Erkenningsaand.
Die Elie-koor se kenteken is die ‘glimlaggende akkoord’, wat ons absolute liefde vir sang en musiek uitbeeld. Die koor is mal daaroor om te sing en dit bring vreugde en geluk in ons koorlede se harte!
Oefentye:
- Woensdae: 14:00-15:00 in die saal
Personeel betrokke:
Me. Janine van Wyk, Me. Nicole Nel en Me. S. Bouwerk.
Voorlees
VOORLEES
- Leerders kan inskryf in die “Voorbereide lees”-afdeling tydens die Radikale Redenaarkompetisie en vir die “Onvoorbereide Lees”-afdeling tydens die Artistatue.
- Voorlees ontwikkel nie slegs leerders se leesvaardighede nie, maar ook hul selfvertroue en verskaf ‘n platform vir die leerder om met gesigspel en stem hulself uit te leef.
- Deelname word vereer d.m.v. die merietestelsel en uitsonderlike prestasies in ‘Lees’ word erken tydens die Erkenningsaand.
Voorlopige Datums vir 2024:
Radikale Redenaar- Inskrywings sluit | Datums sal bekend gemaak word. |
Personeel betrokke:
Afrigting: Kultuurpersoneel
Me. J. van Wyk (Organiseerder)
Konsert/Kultuur-aand
- Elke tweede jaar word ‘n massakonsert aangebied wat oud en jonk vermaak.
- Die massakonsert gee elke leerder die geleentheid om hul oomblik in die kollig te hê en is groot pret.
- Indien van toepassing, word hoofkarakters gekies deur middel van oudisies. Die res van die klas neem deel deur te sing, dans en gebarespel.
- Alternatiewe jare word daar ‘n Kultuuraand aangebied waar leerders hul verskillende kultuurtalente kan ten toon stel.
Personeel betrokke:
Me. Janine van Wyk, Me. Elmarie Kruger en Voogonderwysers