hacklink hack forum hacklink film izle hacklink deneme bonusu veren sitelerbahis sitelerirus pornosahabetonwintipobetsahabetgrandpashabetonwin
Atletiek 1
  • Atletiek is ‘n uitstekende manier vir leerders om liggaam en siel gesond te hou.
  • Atletiekuitdunne word gehou in Januarie om die atletiekspan te finaliseer.
  • Atletiekdrag is beskikbaar by Estetica.
  • Slegs skoolsweetpakke mag oor atletiekdrag aangetrek word.

 

Oefentye:

Maandae, Dinsdae en Donderdae.

 

 

Netbal

By Elies Netbal bou ons spelers asook selfvertroue, deursettingsvermoë en spanwerk. Netbal word met passie afgerig en daardeur presteer ons spanne. Op individuele vlak het ons spelers die geleentheid om aan proewe deel te neem om opgeneem in distrik of provinsiale spanne.  Afrigtingskursusse word gereeld deur die afrigters vbygewoon sodat ons met die nuutste afrigtingsmetodes en denke, ons spanne verder kan ontwikkel. Daar word ook elke seisoen ‘n netbalkliniek gereël om ons spelers se vaardighede te ontwikkel. Ons 0.10 – 0.13 spelers neem deel aan die liga en so ontwikkel hulle hul talente en bou wedstrydervaring op.

Ons poog om spelers sowel as ouers by sportaktiwiteite te betrek. Ons onderwysers is topafrigters en ons kinders kry individueel en in span-verband elke moontlike geleentheid om optimaal te ontwikkel.

Ons spog met 5 mooi netbalbane en bied jaarliks ‘n Elie-sportdag aan waar verskeie skole teen mekaar kompeteer en die dag en die liefde vir díe sport geniet.

By Elies Netbal groei ons saam as n span en ondersteun mekaar. Ons streef ook daarna om ALTYD ons beste te gee.

Mini-netbal

Mini-netbal fokus op basiese vaardighede. Hier kry spelers geleentheid om te groei en te leer en hul selfvertroue te ontwikkel. Vriendskaplike wedstryde word ook gespeel.

Oefentye:

Maandae, Dinsdae en Donderdae

 

 

 

 

Netbal 2

Rugby

Rugby 1
Rugby 2

Rugby, as sport, vorm ‘n belangrike opvoedingsmedium in die omvattende opvoeding van ons kinders. Laerskool Elandskraal poog om gesonde menseverhoudings, spangees, sosiale interaksie en ‘n gesonde wen-verloor-ingesteldheid te kweek by ons spelers.

Sportorganiseerders en afrigters is primêr verantwoordelik vir die onderskeie spanne en spelers. Deur deelname probeer ons ‘n liefde vir dié sport ontwikkel en die seuns toe te rus met die nodige vaardighede.

Daar word op jaarlikse toere gegaan om die spelers se talent te ontwikkel en dit toe te pas in spanverband. Die toere verskaf hope pret en die seuns leer ongelooflik baie.

Laerskool Elandskraal beskik oor ‘n sportakademie wat meer op individuele afrigting fokus om sodoende topspelers te ontwikkel.

Oefentye:

Maandae, Dinsdae en Donderdae

 

 

 

Krieket

Elies krieket is en was nog altyd ‘n krag om teen mee te ding. Ons spog gereeld met goeie uitslae teen fenominale krieketspanne. Ons o/9 krieketsterre spog gereeld met goeie uitslae sowel as ons o/11, o/13 A en o/13 B spanne. Die o/11, o/13 A en B spanne neem dan deel aan die Noordwesliga waar ons jaarliks in die uitklopwedstryde deurdring en onderskeidelik as streekwenners uitstap. 

Ons o/13 A span word dan ook jaarliks genooi om deel te neem aan die Magalies IPL waar hulle verskeie skole indeel in spanne wat deur Kwena afrigters bestuur word. Dit is n goeie manier om die seuns te ontwikkel en nuwe vriendskappe te vorm. wat deelneem.

Elies se afrigters gaan elke jaar deur verskeie afrigting en skeidsregterkursusse. Elke afrigter dra hulle span op hulle skouers en doen verskriklike goeie voorbereiding voor en tydens die seisoen. Elies krieketafrigters is passievol en trots en sal altyd u kind/ers voluit afrig. 

Elies krieket spog dan ook jaarliks met ons seuns wat Kwena krieket verteenwoordig op hulle verskeie krieket weke waar hulle deelneem aan Noord Wes keuring. Ons seuns verteenwoordig die o/11 A & B, o/12 A & B en o/13 A & B spanne waar hulle uitmuntend presteer teen ons provinsie se beste onderskeidelike spelers. 

Elies afrigters en krieketaanhangers sien geweldig uit vir al ons nuwe sterre en toekomstige Proteas. 

Hokkie

Hokkie 2
Hokkie 1

 

In die derde kwartaal vier hokkie hoogty by Elies! Dogters vanaf die ouderdom  0/7 tot o/13 kry die geleentheid om hul passie vir die sport uit te leef. Nie net word daar nuwe balvaardighede aangeleer nie, maar spelers leer ook om in ‘n span saam te werk.  Daar word ook jaarliks klinieke deur hoogstaande afrigters aangebied. So gee ons geleentheid aan elke dogter om die nodige vaardighede te bemeester. Hokkie is ‘n sport van passie en trots!

Ons speel vriendskaplike ligawedstyde saam met Britssirkel-Hokkie. ‘n Groot hoogtepunt op die hokkielakender is die Thornhill Nightleague. Menigte van ons spanne stap al vir die afgelope jare gereeld weg met die wentrofees vir hul ouderdomsgroepe.

Oefentye:

Maandae, Dinsdae en Donderdae

  

Mini-hokkie

Laerskool Elandskraal bied Mini-hokkie vir alle Gr. 1 tot 3-leerders aan.
Afrigting fokus op die ontwikkeling van jong spelers ter voorbereiding vir senior hokkie.

Spelers neem deel aan toernooie en speel vriendskaplike wedstryde.

Oefentye:

Mini-hokkie word in die 3de kwartaal beoefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae.

 

 

Landloop

Landloopseisoen is gewoonlik tydens die derde kwartaal alhoewel ons die atlete aanmoedig om die hele jaar fiks te bly. Laerskool Elandskraal neem in die Rustenburgliga deel. Daar is 3 ligabyeenkomste. Seuns en dogters van o/7 – o/13 neem in spanne van 4 of meer atlete deel. Die eerste 10 atlete in elke ouderdomsgroep verwerf ‘n medalje.

Ons atlete neem ook aan Distriks- en Kringbyeenkomste deel voordat hul vir die Noordwesspan kan kwalifiseer. Laerskool Elandskraal het al heelwat atlete opgelewer wat hul Noordweskleure verwerf het. In 2019 het Laerskool Elandskraal ook die Kringbyeenkoms suksesvol aangebied en groot eer verwerf.  

Tydens die jaarlikse Erkenningsaand word ‘n Junior – en Senior Landloopatleet aangewys.

Oefentye:

Maandae, Dinsdae en Donderdae 

 

 

Atletiek 2

Skaak

Skaak benodig ‘n aktiewe brein en goeie konsentrasie. Leerders van Graad 1 tot 7 mag deelneem aan ons Interklas-Skaakkompetisie, wat in die derde kwartaal plaasvind. Die Junior wenner speel dan ook teen die Senior wenner om vas te stel wie die skaakkampioen is!

Oefentye:

Gr. 1-3: Maandae en Dinsdae: 13:45-14:30

Gr. 4-7: Maandae en Dinsdae: 13:45-14:30

Personeel betrokke:

Gr. 1-3: Me. Edna Swart

Gr. 4-7: Me. Joan Liebenberg