Leierskap
Indeling van Elierade:
- Alle gr. 7-leerders, wat kwalifiseer, vorm deel van die Elierade gedurende die jaar wat roteer. Die rade is: Mediaraad, Veiligheidsraad en Diensraad.
- Leerders wat die laaste kwartaal van gr. 6 ingeskryf het, kom nie in aanmerking van ‘n raad tydens die eerste siklus nie. Slegs ‘n leerder wat by die vorige skool op die leerlingraad was, sal oorweeg word, mits ‘n brief van die vorige skool ingehandig is. Nuwe leerders in gr.7, wat by die vorige skool op die leerlingraad gedien het, moet ‘n brief van die vorige skool inhandig om op een van die rade te dien.
- Sien in die Graad 7-handleiding vir die diskwalifikasie van gr. 7-leerders vir die leierverkiesing.
Verkiesing van rade se leiers:
- 1 seun en 1 dogter per raad word tydens die verkiesing as raadleiers verkies.
- 1 hoofleier-seun en 1 hoofleier-dogter word ook tydens dieselfde verkiesing verkies.
Verloop van die verkiesing:
- Slegs gr.7-leerders, wie se naam op die stembriewe verskyn, mag stem.
- Geheime stemprosedure vind plaas.
- Dieselfde stembriewe word aan die personeel voorgehou.
- Slegs personeel wat vir die gr.7-leerders skoolhou, mag stem.
Leieropleiding:
- Gedurende die eerste week van die nuwe siklus vind opleiding plaas sodat die rade so gou moontlik kan begin funksioneer.
Aanwysing van prefekte vir die laaste siklus:
- Tydens die derde kwartaal vind die verkiesing vir Prefekte plaas.
- Alle gr.7-leerders, wat kwalifiseer, het stemreg.
- Normale stemprosedure word gevolg.
- Nadat die stemme getel is, word ‘n minimum van 20 leerders, ( 10 seuns en 10 dogters ) met die meeste stemme, aangewys as Prefekte van daardie jaar.
- Die res van die leerders, wat op die lys verskyn, word dan verdeel tussen die Mediaraad en die Veiligheidsraad.
Verkiesing van hoofleiers vir die laaste siklus:
- Tydens die laaste verkiesing word die volgende Hoofleiers verkies :
1 Hoofseun en 1 Hoofdogter
3 Onderhoofseuns en 3 Onderhoofdogters
- Tydens die verkiesing van Prefekte dui die gr.7-leerders en personeel hul keuse vir Hoofleiers aan. Hierdie stemme, sowel as die groot totaal van die hoeveelheid stemme wat die leerder behaal het, bepaal dan die Hoofseun, Hoofdogter, Onderhoofseuns en Onderhoofdogters.
Voogde van leierrade:
Mediaraad : Me. J. Liebenberg
Veiligheidsraad : Me. M. Niemandt
Diensraad / Prefekte : Me. J. Liebenberg
Meriete Stelsel
Laerskool Elandskraal poog om positiewe waardes en ingesteldhede by ons leerders te kweek. Goeie gedrag, prestasies, deelname en betrokkenheid word beloon deur middel van ons Merietestelsel.
- ‘n Leerder ontvang ‘n groen knopie as hy/sy 30 karaktertoekennings behaal het.
- ‘n Leerder ontvang ‘n blou knopie as hy/sy 60 karaktertoekennings behaal het.
- ‘n Leerder ontvang ‘n rooi knopie as hy/sy 100 karaktertoekennings behaal het.
- ‘n Leerder ontvang ‘n brons knopie as hy/sy 125 karaktertoekennings behaal het.
- ‘n Leerder ontvang ‘n silwer knopie as hy/sy 150 karaktertoekennings behaal het.
- ‘n Leerder ontvang ‘n goue knopie as hy/syhy 175 karaktertoekennings behaal het.
Leerders wat knopies ontvang, se name sal gelees word tydens Maandae se saalopening.
Indien ‘n leerder sy/ haar knopie verloor, moet ‘n bedrag van R50 inbetaal word by die finansiële kantoor.
MERIETES | ||
AKADEMIE (SLEGS OUERS MAAK INSKRYWINGS) | AANTAL MERIETES | |
1 | Rapport per kwartaal: elke vak bo 80%+ | 1 per vak |
2 | Rapport per kwartaal: gemiddeld 80%+ | 4 per kwartaal |
3 | Enige formele klaswerk/ toets of eksamen bo 80% | 1 per vraestel |
4 | Pligsgetroue bywoning van lees- of ekstraklasse | 4 per kwartaal |
5 | Boekklub: 4 boeke lees (boeke het minder as 100 bladsye) | 1 |
6 | Boekklub: 4 boeke lees (boeke het meer as 100 bladsye) | 2 |
SKOOLBYWONING (SLEGS OUERS MAAK INSKRYWINGS) | ||
1 | 100% skoolbesoek | 5 per kwartaal |
SPORT & KULTUUR (SLEGS OUERS MAAK INSKRYWINGS) | ||
1 | Deelname aan ‘n wedstryd/ byeenkoms/ optrede | 1 vir elke keer |
2 | Gereelde bywoning van oefeninge en maak verskoning by die afrigter indien ‘n oefening gemis word | 5 per seisoen |
3 | Ligawenners | 2 |
4 | Wenners Noordwes kwarteindstryd (spanverband) | 3 |
5 | Wenners Noordwes halfeindstryd (spanverband) | 4 |
6 | Wenners Noordwes finaal (spanverband) | 5 |
7 | Opgeneem in ‘n sirkelspan (slegs skoolsporte) | 2 |
8 | Opgeneem in ‘n distrikspan (slegs skoolsporte) | 3 |
9 | Opgeneem in ‘n streekspan (slegs skoolsporte) | 4 |
10 | Opgeneem in ‘n Noordwesspan (slegs skoolsporte) | 5 |
11 | Deelname aan SA’s (slegs skoolsporte) | 10 |
12 | Elie-kunstefees 80%+ | 2 per afdeling |
13 | Kultuur: provinsiale deelname | 5 |
14 | Kultuur: nasionale deelname | 10 |
GEDRAG (SLEGS PERSONEEL MAAK INSKRYWINGS) | ||
1 | Diensbaar | 1 per geleentheid |
2 | Eerlik | 1 per geleentheid |
3 | Gehoorsaam | 1 per geleentheid |
4 | Verantwoordelik | 1 per geleentheid |
ANDER (SLEGS OUERS MAAK INSKRYWINGS) | ||
1 | Ouers is teenwoordig by ouervergaderings | 5 per vergadering |
2 | Leerders bespreek ‘n stalletjie by die entrepreneursdag | 5 |
- Bogenoemde geld slegs vir skoolaktiwiteite.
- Daar kan van tyd-tot-tyd besluit word op merietetoekennings wat nie op die lys verskyn nie.
- Ouers vul die merietes in volgens die kriteria. Onderwysers vul slegs die gedeelte oor die gedrag in. Die res van die merietes moet deur die ouer ingevul word en word geverifieer deur die personeel.
- Die onderskeie sportafrigter verifieer die sport se inskrywings.
- Die kultuurafrigter verifieer die kultuur se inskrywings.
- Slegs die onderwyser kan merietes toeken vir gedrag.
- Leerders wat ‘n goue knopie bereik, sal op die uitstappie aan die einde van die jaar gaan.
Dissipline Stelsel
Wangedrag word in drie kategorië verdeel. Die fokus val daarop om die negatiewe gedrag te verander en reg te stel. Na ‘n sekere aantal inskrywings, afhangende van die kategorie waarin die oortreding val, moet die leerder detensie sit. Ouers word deur middel van ‘n brief daarvan in kennis gestel. Indien die brief nie teruggestuur word skool toe nie, sal die ouer telefonies gekontak word. Boeliegedrag word nie geduld by Laerskool Elandskraal nie.
Kategorie |
Tipe |
Aantal inskrywings voor detensie
|
Voorbeelde van gedrag |
Kategorie 1: |
Korreksiepunte |
10 inskrywings |
Onverantwoordelikheid bv. huiswerkversuim. |
Kategorie 2: |
Strafpunte |
2 inskrywings |
Versuim om ‘n redelike opdrag vanaf ‘n onderwyser of leier uit te voer. |
Kategorie 3: |
Krisispunte |
1 inskrywing |
Bakleiery, boeliegedrag, diefstal, ens. |
Die volledige lys van skoolreëls verskyn in die skooldagboekie wat aan elke leerder gegee word.
Skoolklere
Somersdrag vir seuns Somersdrag vir dogters
– blou kortmou hemp – blou kortmou hemp
– grys kortbroek – blou skoolromp
– lang grys kouse – kort blou kouse
– swart skoene – swart skoene
Leerders mag in die somer kaalvoet skool toe kom.
Leerders mag die blou skooltrui of sweetpakbaadjie aantrek tydens die koeler dae.
Wintersdrag vir seuns
– blou langmou hemp
– grys langbroek
– lang grys kouse
– swart skoene
– blou trui / sweetpakbaadjie / kleurbaadjie
Wintersdrag vir dogters
– blou langmou hemp OF – blou langmou hemp
– grys langbroek – blou skoolromp
– kort blou kouse – blou kleefkouse ( “ tights “ )
– swart skoene – swart skoene
– blou trui / sweetpakbaadjie / kleurbaadjie – blou tui / sweetpakbaadjie /
kleurbaadjie
Geen tekkies word by skooldrag toegelaat nie. Sweetpakbroeke is lankal reeds taboe.
Die Vrydagdrag, se naam verander nou na LO-drag. Grondslagfase leerders mag die drag slegs op ‘n Vrydag aantrek. Intersenfase dra die LO-drag slegs op die dag wat leerders LO het. Leerders kan die LO-drag die hele dag dra. LO-drag mag net in die somer gedra word. Slegs kort blou kouse mag by die LO-drag gedra word met tekkies wat oorwegend blou of wit van kleur is.
Elke sprotsoort het sy eie spesifieke drag wat by ons verskaffer, ‘Estetica’, aangeskaf kan word.
Op Vrydae maf Provinsiale of Nasionale sport/dansklere aangetrek word, mits vooraf toestemming van die skoolbestuur verkry word.
Skoolfonds
Skoolgelde word jaarliks bepaal en is vooruitbetaalbaar vanaf Januarie tot November.
Skoolgelde word per aftrekorder, debietorder, elektroniese oorbetaling of by die kantoor betaal t.w.v. kontrole. ‘n Kaartmasjien is ook beskikbaar. Daar is verskeie opsies vir u gerief.
Graad 1-7 :
-
1 Kind: R1435 oor 11 maande. (R15785 per jaar)
-
2 Kinders: R2870 oor 11 maande (R31570 per jaar)
- 3 of meer kinders: R3800 oor 11 maande. (R41800 per jaar)
Graad R:
- 1 Kind: R1620 oor 11 maande (R17820 per jaar)
- 2 Kinders: R3240 oor 11 maande (R35640 per jaar)
Daar is ‘n 10% korting indien u die jaar se skoolgeld vooruit betaal voor 31 Januarie 2024
BANKBESONDERHEDE:
LAERSKOOL ELANDSKRAAL
STANDARD BANK
TJEKREKENING
TAKKODE: 052-646
REKENINGNOMMER: 033057923
VERWYSING: Familiekode
Naskool
‘Laerskool Elandskraal se ‘Wakker Akker Naskoolsentrum’ open op 15 Februarie 2021. Leerders van gr.1 tot gr. 7 is welkom.
Vier dames is tans werksaam by die naskool.
- Gr. 1-3: Mariëtte Schoombie
- Gr. 4: Bernadine van Deventer
- Gr. 5: Caroline Delport
- Gr.6 & 7: Denise van Deventer
Hul posbeskrywing sluit in :
– Bystand met voltooiing van huiswerk.
– Hulp met voorbereiding vir toetse en eksamens.
- Kostes beloop R 950.00 per leerder per maand oor 12 maande, vooruitbetaalbaar asook R300.00 registrasiefooi. Die fooi sluit ‘n ligte middagete in.
- Tye : 13:00 – 17:30 Maandag tot Donderdag. 13:00 – 16:30 Vrydae. Gesluit gedurende vakansiedae en skoolvakansies.
- Registrasievorms is op die ‘Kontak’ – bladsy of by die kantoor beskikbaar.